OUDTSHOORN NUUS - Die brand wat verlede Saterdag in die riete van die Olifantsrivier ontstaan het, was is veroorsaak deur kinders wat in die rivier gespeel het en die riete aan die brand gesteek het.
'n Sterk wind het die brand vinnig in die rivier aangedryf, maar was na 'n paar uur onder beheer.
Saterdagaand het die wind egter gedraai en weer sterk gewaai wat veroorsaak het dat die brand oor die brug gespring het en na die Rooiheuwel-omgewing versprei het. Die brandweer het die brand deurentyd gemonitor en boere se lande langs die rivier beskerm.
Die brand het laat Saterdagaand voor die rioolplaas doodgeloop.
Die brand het Saterdagaand oor die brug gespring.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'