OUDTSHOORN NUUS - Maatskaplike werkers en hulp maatskaplike werkers van ACVV, maatskaplike dienste en kinderwelsyn, sowel as die munisipale wetstoepassers het vandag kinderbeskermingsweek afgesluit.
Volgens Ryall Wagenaar, van maatskaplike dienste, het hulle portefeuljes van die kind op straat opgestel.
"Ons het ongeveer 41 kinders geïdentifiseer waarvan 20 in die dorp is. Die idee is om programme met hulle te begin wat hulle gaan bevorder en bemagtig. Die idee is om vir die kinders te help en ook hulle ouers op die regte pad te help en programme vir die ouers aan te bied oor hoe om beter ouers te wees."
Wagenaar het gesê indien enigiemand 'n noodgeval rakende die kinders wil aanmeld kan hulle maatskaplike dienste by 062 821 7172 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’