Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Meisie van ongeveer 13 is vanmiddag by 'n verkeersbeheerpunt op die De Rust-pad raakgery.
Volgens beamptes wat die verkeer reguleer, was sy een van 'n groep van vier kinders wat by die wagtende morors gebedel het.
Een van die beamptes het die kinders glo verjaag en hulle het oor die pad voor aankomende verkeer in gehardloop.
Die meisie deur 'n ligte vragmotor getref.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel. was sy reeds met 'n ambulans hospitaal toe geneem.
Die Oudtshoorn Courant het ongeveer 'n maand gelede reeds berig oor kinders wat gereeld by die motors bedel.
'n Navraag aan die provinsiale departement van vervoer het niks opgelewer nie behalwe 'n opmerking dat dit 'n probleem is wat deur die departement van maatskaplike dienste aangespreek moet word.
Die erns van die kind se beserings is nog nie bekend nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die meisie is deur 'n ligte vragmotor getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'