Breaking News Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Kind is met 'n snywond aan die kop hospitaal toe geneem na 'n botsing tussen 'n Uno en 'n ligte vragmotor.
Volgens mense op die toneel het die vragmotor by die kruising van Rademeyerstraat en Langenhovenweg oor die stopstraat gery en voor die Uno ingery.
Die Uno was na George onderweg.
Kyk 'n video hieronder.
Die bestuurder van die Uno is ongedeerd, maar die kind wat saam met hom was het 'n kopbesering opgedoen.
Die vragmotor se lisensie het reeds verval.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'