OUDTSHOORN NUUS - 'n Voetganger is vanmiddag beseer toe hy in Voortrekkerweg voor 'n karavaan beland het.
Volgens 'n ooggetuie het die man oor die straat begin stap net toe die motor met 'n karavaan voor hom verbyry.
Hy het tussen die motor en karavaan ingestap en is deur die karavaan getref. Die motor het gelukkig nie vinnig gery nie.
Hy is per ambulans hospitaal toe geneem, maar is skynbaar nie ernstig beseer nie.
Nooddienswerkers op die toneel.