OUDTSHOORN NUUS - Een van die noodsaaklike dienste organisasies wat ernstig deur Covid-19 benadeel is, is Kansa.
As gevolg van die inperkingsmaatreëls moes Kansa noodgedwonge verskeie fondsinsamelingsprojekte kanselleer. Van die projekte wat in die slag gebly het, is Bark For Life, Damestee by Safari Volstruisplaas, rolbaltoernooie, die Kansastap en Shavathons wat nog gehou moes word.
Geld wat tydens hierdie en ander projekte ingesamel word, word aangewend om Kansa in staat te stel om kankerlyers te ondersteun en te versorg.
Hierdie dienste moet voortgaan en daarom doen Kansa ‘n dringnde beroep om mense wat hulle projekte gewoonlik ondersteun sowel as ander inwoners van die streek om ‘n helpende hand na Kansa uit te steek.
Ten spyte van die inperking is Kansa se versorgingseenhede steeds oop, personeel gee steeds ondersteuning en noodsaaklike benodighede word steeds verskaf.
Kansa het ‘n telethon gehou wat landwyd goeie reaksie gehad het, maar daar is ook nuwe projekte wat grotendeels per dorp op sosiale media geloods gaan word.
‘n Projek wat wel voortgaan is Tekkie Tax (Loslitdag) op 29 Mei Dan kan almal hulle kleurvolle veters in hulle tekkies sit en werk toe aantrek, daar is ook mooi T-hemde beskikbaar, plakkers en borsspelde.
Die items kan ook as ‘n 'combo' gekoop word, wat alles insluit.
Bestelvorms om per besigheid, skool of klub in grootmaat te bestel is beskikbaar by Adri Odendaal – aodendaal@cansa.org.za / 0721330444
Skakel asseblief vir Adri om betrokke te raak en te hoor watter behoeftes daar is. Kontak haar by 072 133 0444.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'