OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Oudtshoorn en verskeie ondernemings het Kansa se tweede Cuppa for Cansa sedert die inperking, goed ondersteun.
Mooiplaas gastehuis naby Volmoed was op 7 November die gasheer vir die geleentheid.
Volgens Adri Odendaal van Kansa Suid-Kaap en Karoo, het die winderige weer nie die atmosfeer gedemp nie en Hanlie Keller en haar span het uit hul pad gegaan om gaste tuis te laat voel.
Suezette Smit van Performance Development Interactive, was die gasspreker. Sy het gesels oor positiewe denke en liefde vir jouself. Odendaal bedank almal wat tot die dag bygedra het.
"Kansa is uiters afhanklik van die ondersteuning van inwoners en ondernemings en ons is weereens baie dankbaar vir almal se bydrae."
Vir meer inligting oor Kansa se projekte of om hulle te ondersteun skakel Adri Odendaal by 072 133 0444.
Gaste tydens verlede Saterdag se Cuppa for Cansa by Mooiplaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'