OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die SWD-kanarie en kouvoëlklub het verlede naweek sy 21ste skou en negende provinsiale skou in die saal van die Welgeluk NG Kerk gehou.
Kanarietelers van heinde en ver het volgens die voorsitter, Bennie Kleynhans, vanjaar altesaam 659 kanaries vir die skou ingeskryf en was dit weer geen maklike taak vir die beoordelaars om wenners aan te wys nie.
Oudtshoorn se kanarietelers het weer uitgeblink en van die toppryse opgeraap.
Sydney Jonck het weer die afdeling vir Red Factors oorheers, Bennie Greyling die afdeling vir Parisian Frills en Edwin Gelderbloem die nuwe kleure.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'