Update
KANNALAND NUUS - Die bedrogsaak teen vier senior amptenare van die Kannaland-munisipaliteit is Maandag in die Oudtshoorn-streekhof tot Oktober uitgestel na 'n kennisgewing van die beskuldigdes dat hulle vertoë tot die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging gerig het.
Die vier verdagtes, McGrandile Makier (menslike hulpbronbestuurder), Hendrik Barnard, (direkteur korporatiewe dienste), Morné Hoogbaard (munisipale bestuurder) en Nigel Delo, (voormalige hoof van finansies), word daarvan aangekla dat hulle oor 'n tydperk die Kannaland-munisipaliteit glo uit meer as R338 miljoen bedrieg het.
Hulle word aangekla van bedrog en oortreding van die wet op munisipale finansiële bestuur.
Die staat beweer dat die beskuldigdes hulself verryk het deur ondermeer bedrieglike aanstellings in senior poste te maak asook onregmatige oortyd- en verlofuitbetalings.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla en is met die verlenging van die verdagtes se borgtog van R15 000 tot 24 Oktober uitgestel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Kannaland, Klein Karoo nuus'