KANNALAND NUUS - Die bedrogsaak teen drie senior amptenare van die Kannaland-munisipaliteit is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot volgende jaar uitgestel en die saak teen ’n vierde verdagte wat onlangs oorlede is, van die rol geskrap.
Mc Grandile Makier (44), menslike hulpbronnebestuurder, Hendrik Barnard (49), direkteur: korporatiewe dienste en Nigel Delo, voormalige hoof van finansies is saam met wyle Morné Hoogbaard (47), munisipale bestuurder, daarvan aangekla dat hulle na bewering die Kannaland-munisipaliteit tussen Julie 2014 en Desember 2017 uit meer as R338 miljoen bedrieg het en hulself verryk het deur bedrieglike aanstellings in senior poste te maak.
McGrandile Makier
Nigel Delo Foto: Facebook
Lees die volledige berig in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Kannaland, Klein Karoo nuus'
Vorige artikels: