OUDTSHOORN NUUS - Mense wat langs die waterkanaal woon wat landbouwater vanaf die Stompdrift-Kammanassie-skema tot by Warmbad afvoer word gewaarsku dat die kanaal vanaf 28 April water sal kry.
Volgens Riaan Kruger, voorsitter van die Stompdrift-Kammanassie waterverbruikersvereniging sal die finale reëlings vir die vrylaat van water môre, Donderdag 16 April, tydens 'n vergadering bepaal word.
Kruger sê die kanaal sal moontlik vir twee tot drie weke vol water wees.
Die water word uit die Stompdriftdam wat tans op 21% staan, vrygelaat en vloei met 'n kanaal verby Dysselsdorp tot by Rooiheuwel waar dit by die kanaal vanaf die Kammanassiedam aansluit.
Die kanaal het laas in 2016 water vervoer. Die water word vir leibeurte deur boere tot by Warmbad buite Calitzdorp vrygestel.
'n Groot aantal mense woon langs die kanaal en ouers word gevra om toe te sien dat kinders nie naby of in die kanaal speel nie.
Daar is 'n kanaalwag wat die gedeelte wat deur Dysselsdorp vloei patrolleer, maar ouers word ernstig gemaan om kinders nie naby die kanaal toe te laat nie.
Daar is 'n kanaalwag wat die gedeelte wat deur Dysselsdorp vloei patrolleer, maar ouers word ernstig gemaan om kinders nie naby die kanaal toe te laat nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'