Die doel van die leierskamp was om jeug-leiers te ontwikkel wat positiewe voetspore in hul eie lewens, maar ook die van ander (soos hul gesinne, vriende, skool en gemeenskap), sal trap.
Dié leierskamp is deur finansiering van die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Nasionale Lotery en die Wes-Kaapse gemeenskapskas moontlik gemaak. Jaar I-leerders van die Oudtshoorn Vaardigheidskool het aan die kamp deelgeneem.
'n Soortgelyke kamp word vir die skoolleiers van PJ Badenhorst Primêr vir 7-9 Desember beplan.
Indien enige skool in 'n jeugleiersprogram belangstel, kan Famsa Karoo by 044 272 7020 geskakel word.
Die groep jeugleiers saam met die kampfasiliteerders, Franzu Badenhorst (Direkteur: FAMSA Karoo) en Flip & Rosa Fourie (Fasiliteerders van Trinity Training).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'