OUDTSHOORN NUUS - Ashley Julies en Melanie Fourie was Saterdag die wenners van die 323ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met altesaam 65 drawwers en stappers wat deelgeneem het.
Dit was slegs die tweede parkrun waaraan Julies deelgeneem het en ook sy tweede oorwinning met ‘n puik tyd van 20 minute en 54 sekondes.
Fourie, ‘n besoeker, wat in die 14de plek klaargemaak het, se tyd was 33 minute 16 sekondes.
Die voorste tien drawwers is as volg:
- Ashley Julies (20:54)
- Markus Viljoen (21:35)
- Logan Ellis (22:48)
- Francois Verwey (23:27)
- Lourens Swanepoel (24:10)
- Johann Coetzer (24:52)
- Pieter Fourie (26:26)
- Hermanus Munro (28:13)
- Albertus Kennedy (28:17)
- Andre du Toit (29:47).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'