CALITZDORP NUUS - Lente is slegs 'n week weg en fotograwe kan weereens hulle kamers inspan om lentebloeisels vas te vang.
Die jaarlikse bloeiselfees word volgende naweek van Saterdag 1 September tot Sondag 2 September weer by De Krans buite Calitzdorp aangebied.
Die fees begin Saterdag met 'n pretdraf en -stap deur die wingerde en vrugteboorde oor 5km en 10km roetes.
Fotograwe het Saterdag en Sondag geleentheid om die bloeisels van De Krans se vrugtebome af te neem en vir die fotografiekompetisie in te skryf.
Die wenner van die kompetisie wen wyne gelykstaande aan die fotograaf se gewig.
Behalwe vir die pretdraf en fotografie word 'n plaasmark ook Saterdagoggend by De Krans aangebied.
Besprekings vir die pretdraf en -stap kan by Betsie Swanepoel by 044 213 3314 gedoen word of per epos by dekrans@mweb.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'