OUDTSHOORN NUUS - Die 23-jarige John-Lee Johnson is Saterdag met 'n mes in Dassieweg doodgesteek.
Volgens Johnson se ma, Ingrid, was daar glo Saterdag naby hulle huis 'n geveg tussen 'n klomp mans.
"Daar was glo 'n ander jong man gewees wat aangerand is en daar was mense wat gedink het my kind is betrokke. John-Lee het nog na die mense toe gegaan en gesê dat hy nie betrokke was nie, maar hulle het hom nie geglo nie."
Volgens Ingrid was haar seun bang en het hy nie die res van die dag nie die huis verlaat nie.
"Hy het wel later vinnig kafee toe gegaan en toe hy inkom het hy die steekwond agter sy nek gehad. Hy is in ons sitkamer dood."
'n Navraag is aan die polisie gestuur.
John-Lee Johnson
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'