OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) beskou junior opleiding as 'n prioriteit op die jaarprogram en het verlede naweek die 23ste veldskool op die Wouter de Vos-skietbaan, naby Klein-Brakrivier aangebied.
'n Groep van 27 leerders uit verskillende laerskole in die Suid-Kaap het deelgeneem aan die veldskool en het die laaste naweek van die skoolvakansie verruil vir 'n onvergeetlike tydjie in die veld.
Met hul aankoms by die kamp moes die 27 studente Vrydagoggend hulle eie tente in gure weer opslaan.
Die verskillende aktiwiteite het dit ten doel om kinders reeds op jeugdige ouderdom toe te rus om keuses te kan maak rondom heilsame ontspanning weg van die rekenaar, selfone, televisie en sosiale media.
Daar word ook gefokus op die belangrike rol van die mens ten opsigte van die bewaring van natuurlike hulpbronne en die volhoubare benutting daarvan. Verder word kinders toegerus om tydens noodsituasies in die veld en by die huis te kan oorleef.
Almal weet nou hoe om veilig vuur in die veld te maak.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'