OUDTSHOORN NUUS - Om op 18 aangewys te word as die beste akteur tydens 'n internasionale kampioenskap in uitvoerende kunste en dan vir vier Amerikaanse agentskappe 'nee dankie' te sê vir kontrakte, getuig van volwassenheid en gesonde besluitneming.
Nie net is Quintus Viljoen, 'n matrikulant van Hoërskool Oudtshoorn, aangewys as die beste akteur in die ouderdomsgroep 18 tot 24 nie, hy het ook 5 medaljes in New York verower.
Quintus het in Februarie in George aan die provinsiale uitdunne van die Talent Africa-kampioenskappe in uitvoerende kunste deelgeneem.
Daarna het hy aan die nasionale kampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem en sy plek in 'n span van vyf in sy ouderdomsgroep behaal om in New York aan die Talent America se internasionale kampioenskap deel te neem.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'