OUDTSHOORN NUUS - Johannes Jacobus Brits (55) is gister in die Oudtshoorn-landdroshof tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hy is op 23 aanklagte van bedrog en twee aanklagte van die oortreding van die drankwet skuldig bevind.
Brits was die bestuurder van Kango Wyne in Oudtshoorn.
Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het hy tussen Mei en Julie 2009 water met gis en suiker gemeng en die brousel saam met wyn gegooi en dit aan die publiek verkoop.
Die department van landbou het daarvan bewus geword en die tenke waarin die konkoksies was geseël.
“Verdere ondersoeke het bewys dat hy op twee geleenthede die seëls van die tenke gebreek het en aangehou het om die ‘Ale’ te verkoop.”
Hy is aanvanklik tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie weer by dieselfde misdrywe betrokke raak nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'