Update
CALITZDORP NUUS - Jasper, die klein Jack Russel hondjie wat Saterdag in die Huisrivierpas vermis geraak het, is gevind.
Volgens Elsabé van der Westhuizen, die hondjie se eienaar, het ‘n vrou van Calitzdorp gistermiddag vanaf Ladismith gery en ‘n hond agter ‘n klip sien uitloer.
Sy het die hondjie opgetel en laat gistermiddag vir Elsabé laat weet dat sy die hondjie opgetel het.
“Sy was egter nog by ‘n begrafnis en sy kon eers vandag vir my foto’s stuur en heeltemal seker maak dat dit wel Jasper is, en toe is dit sowaar ons Jasper. Ons kan nie wag om hom weer terug by die huis te hê nie. Die kinders is net so opgewonde dat hy gevind is.”