Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Animal Care Team (ACT) en Oudtshoorn Volunteers vir Diere het in samewerking met die staatsveearts, Oudtshoorn Skut en Oudtshoorn Dogs in Need vandag met hul jaarlikse Spay-a-Thon begin.
Volgens Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT, sal die plaaslike veeartse oor die volgende twee dae ongeveer 100 honde en katte steriliseer.
"Ons het te danke aan die Oudtshoorn-munisipaliteit genoeg fondse bekom om die kliniek te borg met hul donasie. Sodoende neem die Oudtshoorn-munisipaliteit weereens 'n aktiewe rol in die verbetering van dierewelsyn in ons dorp."
Met die hulp van die Oudtshoorn-skut het hul diere gekeur vir die kliniek uit die plaasgemeenskappe wat andersins nie die diens sou kon bekostig nie.
"Ons het ook die jaar uitgereik aan Calitzdorp wat ook tans 'n groot nood het vir sterilisasies."
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'