DE RUST NUUSFLITS - Meer as 150 De Rusters het verlede Donderdag hul transport-aktes by die Oudtshoorn-munisipaliteit ontvang.
Colan Sylvester, burgemeester van die Oudtshoorn-munisipaliteit het gesê vir eerste huiseienaars is dit een van dié belangrikste dokumente wat hulle in hul besit kan hê.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, was Kaaitjie Maswati (93) een van die 161 De Rusters wat haar transport-akte in ontvangs geneem het en het sy vir die eerste keer in haar lewe 'n huis wat sy haar eie kan noem.
“Dié dokument gee nie net aan die huiseienaar versekering vir huisvesting nie, maar dien ook as nalatenskap vir my nageslag,” het Sylvester tydens sy toespraak gesê.
“Om hierdie rede moet u baie oordeelkundig te werke gaan met hierdie dokument.” Hy het hulle verder geadviseer om ‘n geldige testament in plek te kry.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'