Hannes Visser en Wanda Dry is gevra om tussen 09:00 en 11:00 van hul werk voor te lees en oor die skryfproses te gesels.
Visser (redakteur van die Oudtshoorn Courant) wat tans aan 'n digbundel werk wat vir publikasie voorgelê gaan word, het reeds verskeie pryse vir sy kortverhale losgeslaan en van sy gedigte is in drie bundels saam met ander digters en skrywers opgeneem.
Hy gaan 'n paar gedigte voorlees en 'n uittreksel uit een van sy wenkortverhale.
Dry is die toonbeeld van lewenslus en 'n klinkklare bewys dat niemand na aftrede hoef stil te sit nie. As dramadosent het sy die gawe om 'n voorlesing op so 'n wyse te doen dat mens nie anders kan as om te luister en saam te beleef nie. Sy sê sy besluit nog wat sy gaan doen, maar sy sal waarskynlik 'n uittreksel uit haar eie werk doen, 'n stukkie Bybelprosa en iets uit Langenhoven se werke.
Bywoning van die voorlesings is gratis.