Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Groep inwoners van Black Joint, 'n informele nedersetting in Bongolethu, betoog vanoggend buite die munisipale kantore.
Volgens die groep is hulle ontevrede dat Black Joint nog nie elektrisiteit het nie, en ook nie voldoende water en riolering nie.
Dit blyk dat hulle verlede Maandag 'n vergadering met die waarnemende munisipale bestuurder gehad het en vandag aandring op terugvoering.
'n Navraag oor die kwessie is aan die munisipaliteit gestuur.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'