OUDTSHOORN NUUS - Inbrekers het laasnag skade van derduisende rande by 'n laerskool en twee kleuterskole in Oudtshoorn Noord aangerig.
Daar is by Principia Onafhanklike skool en by Woelwaters en Busy Bees kleuterskole ingebreek.
Die inbrekers het deure, veiligheidshekke en diefwering afgebreek en kantore in chaos agtergelaat.
Vreemd genoeg het hulle nie veel gesteel nie.
Voorlopige opnames toon daar slegs enkele items gesteel is.
By een kantoor is 'n klein kluis uit die muur gebreek en oopgebreek, maar 'n skootrekenaar, selfoon en verskeie ander items in die kantoor is net so gelaat.
'n Navraag oor inbrake die afgelope naweek is aan die polisie gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'