CALITZDORP NUUS - Die verhoor van 'n vrou en twee mans van Calitzdorp wat van huisbraak en aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla word, moes verlede week in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel word omdat een van die beskuldigdes afwesig was.
Denise Pietersen, Jacobus Frans en Darryll Jansen word daarvan aangekla dat hulle in Januarie 2016 'n deur van die huis van Jan Mei op die plaas, Besemkop, oopgebreek en vir Andrew Wagenaar met 'n mes gesteek, met 'n bierbottel oor die kop geslaan en met klippe gegooi het.
Al drie pleit onskuldig.
Pietersen sê in 'n pleitverduideliking dat sy nie by die inbraak betrokke was nie en die bakleiery tussen die mans wou keer.
Sy het wel erken dat sy Wagenaar met 'n klip gegooi het.
Jansen was verlede week vir 'n tweede keeer afwesig waarna 'n lasbrief deur streeklanddros Ntsoki Moni gemagtig en teruggehou word tot hul volgende hofdatum, 23 Januarie 2020.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'