OUDTSHOORN NUUS - Polisiebeamptes en brandweerpersoneel is steeds op 'n toneel waar 'n huis in Rosebank byna tot op die grond afgebrand het.
Die oorsaak van die brand is onbekend.
Sover vasgestel kan word was daar 'n vrou in die huis wat deur bure uit die huis gehaal is. Sy word nou na die hospitaal geneem.
Die huis in Rosebank het byna tot op die grond afgebrand.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'