Video
OUDTSHOORN NUUS - 'n Huis in Oudtshoorn Noord wat twee weke leeg gestaan het, is deur inbrekers gestroop.
Die huis was aan n kontrakteur verhuur wat op 15 Desember weg is.
Die eienares is vandag deur 'n buurman laat weet dat daar by die huis ingebreek is. Meer as tien deure, al die krane, verskeie grendels en ligte is gesteel.
'n Sekerheidswag sal die huis intussen oppas totdat dit beveilig kan word.
Behalwe vir die inbraak blyk dit ook dat die huurders die huis vreeslik bemors het en bloot as slaapplek gebruik het.
Kyk 'n video hieronder:
Die skade wat die inbrekers aangerig het:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'