OUDTSHOORN NUUS - Verpleegpersoneel van die Oudtshoorn-hospitaal het Internasionale Verpleegstersdag verlede Vrydag met die tema "Gesondheid is 'n menslike reg" gevier, en weer hul diensgelofte afgelê.
"Verpleegsters en verpleërs moenie van hul eie gesondheid vergeet nie," was die boodskap van ds. André Boezak van die VGK aan die verpleegpersoneel van die hospitaal.
"Die mense wat na die siekes omsien kry nie aldag die erkenning wat hulle verdien nie. Hulle werk daagliks, net soos Jesus, die grootste versorger en verpleër ooit, met alle soorte mense en moenie vergeet om na hul eie stresvlakke te kyk nie."
Die verpleegpersoneel het soos altyd weer die diensgelofte vir verpleegsters afgelê wat hulle verbind tot diens aan die mensdom en onderneem om hul beroep met nougesetheid en waardigheid te be-oefen.
Internasionale Verpleegstersdag word jaarliks rondom 12 Mei, die geboortedatum van Florence Nightingale, gevier.
Me. Joyce Matyhila (links) en srs. Katy Cup[ido en Helen Human saam met eregaste, ds. Andrê Boesak, Eurica Johannes en ds. Johannes Muggels. Foto's: Garnett Wicomb.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'