OUDTSHOORN NUUS - Die nuwe informele nedersetting, Hopeville, wat verlede jaar langs die N12 deur die Backyard Dwellers of Hope gestig is, het verlede week toiletgeriewe en water van die Oudtshoorn-munisipaliteit ontvang.
Volgens Zyna Mduma, voorsitter van die Backyard Dwellers, is daar tans 46 opslaanhutte in Hopeville.
Die nedersetting is in November verlede jaar gestig na inwoners wat in agterplase woon ongeduldig geraak het met die munisipaliteit se leë beloftes oor behuising vir agterplaasbewoners.
Sedert November verlede jaar het die bestuur van die gholfbaan, sowel as die munisipaliteit probeer om uitsettingsbevele deur die hof te bekom, maar die Backyard Dwellers het na hul arrestasie vroeër in November, 'n interdik teen die munisipaliteit bekom wat die munisipaliteit verhoed om hulle van die grond af te sit. Die grond waarop die nedersetting gevestig is grens aan die golfbaan en behoort aan die munisipaliteit.
Intussen raak inwoners van Vyfdelaan, langs die N12, ongeduldig met die nedersetting wat aanhou uitbrei.
Volgens 'n inwoner wat anoniem wil bly om konfrontasie met die Hopevillers te vermy, ruk die situasie hand uit.
Die Oudtshoorn Courant het 'n navraag aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur, maar geen terugvoer is tot dusver ontvang nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'