OUDTSHOORN NUUS - Die skoolhoofde van Fezekile Secondary School en Aurial Kollege sê hulle is tevrede met die uitslae van die 2017-matriekgroep.
Thembeka Mabongo, hoof van Fezekile, sê hul slaagsyfer is 73%.
"Ek voel trots op ons leerders. Daar is 22 leerders wat universiteitstoelating gekry het en dis meer as verlede jaar s'n. Dit beteken die kwaliteit werk van die leerders het ook verbeter. Ons as personeel is baie opgewonde oor 2018, want on sweet ons leerders gaan vanjaar hard werk."
Fezekile se toppresteerder is Thabo Majola wat met 73% geslaag het en hy het een A.
Veronica Bolitye, is tweede op die lys met 69% en een A en derde is Tibrovenia Bezuidenhout met 67%.
Aurial Kollege het 'n slaagsyfer van 74.5%.
Jean Swanepoel, Aurelia se skoolhoof, sê hy is tevrede met die leerders.
"Dit was min of meer wat ons van die groep verwag het. Vanjaar het ons 'n sterker klas wat sal beteken dat volgende jaar se uitslae dalk beter gaan lyk."
Denoleen Maree is vanjaar hul topkandidaat met 65% slaagsyfer en Delicia Nortje tweede met 64%.
Leerders van Fezekile Primary School juig na hul uitslae. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'