OUDTSHOORN NUUS - Die Light Riders Christian-motorfietsklub het onlangs hondekos, rys en mieliepap by die munisipale skut aan Oudtshoorn-diereherberg geskenk.
Ongeveer 50 motorfietsryers het vanuit alle hoeke in die Tuinroete gekom om aan die ontbytrit deel te neem.
Die groep, wat uit George se rigting gekom het, het by Oudtshoorn-motorfietsryers aangesluit om die skenking te oorhandig.
Ansa de Jager, van Oudtshoorn-diereherberg vertel dat hulle baie dankbaar is vir die skenking. "Motorfietsryers is bekend vir hulle liefdadigheid, en ons wil net baie dankie sê."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'