OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn word tans deur water uit die Melvilledam voorsien. Herstelwerk moet aan die hooftoevoerpyp by die Raubenheimerdam gedoen word.
Volgens die munisipaliteit sal water voorsiening aan Oudtshoorn nie geraak word nie aangesien die Melvilledam tans 98% vol is en Oudtshoorn vir ongeveer 30 dae van water kan voorsien.
Die Buffelsdrift-- en Schoemanshoek- omgewing mag onderbrekings ondervind aangesien die areas se water direk van die Raubenheimerdam kom.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van Oudtshoorn-munisipaliteit, moet 'n spesialiskontrakteur se dienste bekom word om die pyp te herstel.
Die lekplek in die 400mm pyp is in n tonnel naby die damwal en is in beton gehul.
Daar word verwag dat die herstelwerk binne twee weke voltooi sal wees.
Die Raubenheimerdam se vlak is tans op 50% en streng waterbeperkings geld steeds.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'