HEROLD NUUS - Herold, in die hart van die ou bekende hopsroete, se derde Meander Leiwater Plaasfees vind môre (Saterdag 25 November) plaas.
Die feesprogram begin 09:00 met die Unisac rieldansers van Uniondale, Jakkalskraal-stoftrappers van Kranshoek asook Net vir Pret-groep van Barrydale.
Plaaslike orkeste soos Norman Marks se Eden Minstrels, Melody 6, Ocean Breeze en House of Entertainment gaan die gehoor vermaak met musiek uit die boonste rakke.
Vir kinders is daar donkiekarritte, springkastele en die Songololo Fun Ride wat 'n roete deur die landerye volg.
Plaaslike rugbyspelers gaan aan 'n landelike 7's rugbytoernooi deelneem en uitspeel vir die titel van die Herold Meander Landelike 7's-kampioen.
Verskeie bekende storievertellers gaan optree, Danneline Ramsden se Namakwalandse stories, gedigte deur Willem Fransman, Diana Ferrus, Ds Andre Boezak, Pietie Mooney en Boetie Rhodes.
Toegang tot die fees is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18.
'Ons bring jou die nuutste Herold, Klein Karoo nuus'