OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die 47-jarige Fransisco (Frank) Erasmus, van George, wat van moord op 'n 60-jarige veewagter van Bloupunt, Dysselsdorp, aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof vir sy borgtogaansoek tot Vandag, 5 Junie uitgestel.
Erasmus word van moord op Abraham Herandien aangekla wie se liggaam met verskeie steekwonde op Dinsdag 21 Maart deur verkeersbeamptes in Erasmus se motor gevind is.
Erasmus het toe aan die verkeersbeamptes gesê het dat hy met 'n pasiënt op pad was na die hospitaal in Oudtshoorn. Nadat die verkeersbeamptes die polisie ontbied het is Herandien later op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Erasmus het op 23 Maart vir die eerste keer in die hof verskyn.
Die saak is met sy verskyning, verlede Woensdag, deur landdros, Stephanie Strydom, vir 'n formele borgtogaansoek tot 5 Junie uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’