Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Motorfietsryers van die Breede River Chapter het vanoggend besoek afgelê by die inwoners en personeel van Helen Bellinganhof tehuis vir bejaardes.
Die inwoners is met kolwyntjies van Feedem Catering bederf waarna hulle en die personeel geleentheid gekry het om op die ysterperde te ry.
Sr. Colleen Fourie, wat aan die stuur van sake van Belliganhof is, het gesê dat die besoek van die Harley Davidsons elke jaar vir die inwoners van dié te huis 'n reusebederf is.
"Hulle was al van vroeg af opgewonde en het buite gesit en wag vir die motorfietse om te arriveer."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'