RUGBY NUUS - Harlequins-rugbyklub se A-span het verlede Saterdag 'n begeesterde All Blacks in 'n rillerstryd met 31 - 27 by die Bridgton-sportterrein (Plate) geklop.
Die SWD-Super B-ligawedstryd word as een van die groot derbies beskou met honderde toeskouers wat hul spanne ondersteun het.
Die rustydtelling was 17 - 10 in All Blacks se guns. Vir All Blacks het Jaylen Pretorius (heelagter), Glenwill Lewis (vleuel) en Romano Ewerts (slot) agter die doellyn gaan kuier terwyl hul losskakel Keenan Esau in die kol was met twee doelskoppe en vyf strafskoppe.
Harlequins se Rhuphino Jantjies word vasgetrek.
Gertwin Jonathan was 'n handvol vir die verdedigers. Foto's: Ebenezer Titus
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’