OUDTSHOORN NUUS - Bradlin Heradien, 'n grimeerkunstenaar en besigheidseienaar van Oudtshoorn, het die week, saam met Bennedette Landman, semi-fianlis vir Mev. Heelal, handreinigingsmiddels bymekaargemaak en aan minderbevoorregte persone uitgedeel.
Hulle het die reinigingsmiddels self gekoop en in kleiner bottels verdeel om dit weer uit te deel.
Volgens Heradien, kon hulle slegs 'n beperkte aantal reinigingsmiddels kry, maar is hulle grootste doel om mense te help om higiënies te wees midde die Korona-tydperk.
"Almal kan dit nie bekostig nie en baie mense kan dit ook nie in die hande kry nie omdat dit by so baie winkels uitverkoop is. Ons probeer op ons eenvoudige manier om mense te help," het hy gesê.
Heradien het 'n hele aantal bottels by Huis Triomf uitgedeel terwyl Landman ook in Laingsburg, waar sy tans woon, van die bottels uitgedeel het.
"Ons gaan ook probeer om aan ouer persone wat nie in winkels kan kom nie van die botteltjies te gee."
Bennedette Landman het ook handreinigsmiddels in Laingsburg uitgedeel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'