DE RUST NUUS - Kleine Kuikens-kleuterskool op Middelplaas buite De Rust het onlangs welkome skenkings van twee afsonderlike donateurs ontvang.
Volgens Jenny Joubert, skoolhoof van die kleuterskool, het Otto Duennebacke, ‘n Duitse vriend van die skool gehoor van die behoefte om die gr. R-klas te vergroot.
"Nadat hyself gaan kopkrap het hoe om die probleem op te los, het hy besluit om R20 000 te skenk sodat ons ‘n lekker ruim Wendy huis kon aanlas."
Volgens Joubert is daar nou genoeg plek in die klaskamer vir die leerders om legkaart te bou, stories te lees en blokkies te bou. Joubert sê Danie van Jaarsveld, ‘n beroepsjagter en nog oorsese boogjagters het besluit om 'n nuwe klim-en-klouter-apparaat met ‘n lang glyplank ter waarde van R10 000 aan die skool te skenk.
"Ons opregte dank aan hierdie skenkers. Woorde kan nie beskryf hoe ons dit waardeer nie."
Graad R-leerders in die nuwe klaskamer saam met Otto Duennebacke.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'