Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Bykans 11 000 leerders het Woensdag hul skoolloopbaan in die Eden- Sentraal Karoo-distrik begin.
Volgens Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, is daar steeds waglyste by skole en probeer die skole en die WKOD om die leerders in skole te plaas indien hulle nog nie geplaas is nie.
“ Ons kan egter nie die ouer se skool van keuse waarborg nie, maar ons is daartoe verbind om elke leerder so gou moontlik in ? klas te plaas.
Ouers se eerste punt van verwysing is die skole waar hul aansoek gedoen het. Indien hul kind by geen skool aanvaar is nie, is ouers welkom om hul naaste kringkantoor of die distrikskantoor in George by 044-8038300 te kontak.
Die kontakbesonderhede van die kringkantore is as volg: Kring 5 – Ladismith, Calitzdorp en Oudtshoorn: 044 279 1681, Kring 6 - Oudtshoorn en Uniondale: 044 279 1681 en Kring 7 – Beaufort-Wes en Laignburg: 023 415 2070.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'