OUDTSHOORN NUUS - Stefan Goosen, bekende gesig in Oudtshoorn, het die week as joernalis by Oudtshoorn Courant begin.
Hy is 'n gesoute joernalis met altesaam nege jaar ervaring in joernalistiek. Hy het vir twee jaar by Oudtshoorn Courant se susterskoerant, Knysna-Plett Herald gewerk waarna hy vir ongeveer 'n jaar in Kaapstad as joernalis by eNCA gewerk het.
Hy het einde 2019 teruggekeer na Oudtshoorn en as joernalis by Die Hoorn gewerk.
Stefan is 'n kat-pa met twee katte, Ozzy van Stert, Axle de Spook. Hy het bekendheid verwerf met sy video's wat hy op verskeie tonele maak, veral gedurende die Knysna-brande in 2017.
"Ek wil graag aanhou om die gemeen-
skap se stories te vertel, maar ook om hul probleme te help oplos. Gemeenskaps-koerante is die perfekte platform om die gemeenskap ingelig te hou oor wat in die dorp en omgewing aangaan. Ek glo ook as gemeenskapsjoernalis kan mens 'n daadwerklike verskil maak in mense se lewens."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'