Arries, alombekend as Young C, is volgens sy ouma, Christina Pannas, verlede Vrydag saam met vriende na Bergoord waar hulle 'n verjaardag sou vier. Hy sou Saterdagmiddag terugkeer omdat hulle die aand by 'n funksie sou optree.
Volgens kapt. Bernadine Steyn, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 12:15 plaasgevind.
Sy sê 'n blou Volkswagen Polo met drie insittendes het die pad verlaat en gerol.
Arries is op die toneel oorlede nadat hy uit die motor geslinger is.
Twee mans is vir minder ernstige beserings na die hospitaal op Oudtshoorn geneem.
Arries was ook lid van die House of Entertainment van die bekende sanger, Paul Amas.
Volgens Amas was hy baie meer as net 'n kunstenaar vir hom. "Ons het baie nou saamgewerk. Hy was 'n besonder talentvolle jong man. Sy dood is 'n groot verlies."
Digtelike Vry8 het tydens verlede jaar se Absa KKNK groot indruk gemaak op die Top40 Verhoog.
Volgens Amas was Johnny Davids van RSG so beïndruk dat hy 'n onderhoud met die twee gevoer het wat later uitgesaai is.
Arries word Saterdag om 13:00 vanuit die St Nicholas Rooms-Katolieke Kerk begrawe. Die huisdiens te Reebokweg begin om 12:00.

Nooddienstewerkers behandel een van die beseerdes op die ongelukstoneel waar Charlton Arries verlede Saterdag gesterf het nadat die VW Polo waarin hy 'n passasier was teen 'n steilte afgerol het.