- 'n Opvoedkundige kliniek om die publiek in te lig oor gesondheidskwessies soos MIV/Vigs , TB, ontwatering, voeding en algemene gesondheidskwessies;
- 'n Gesondheidskliniek wat algemene mediese ondersoeke doen;
- 'n Oogkliniek wat oogtoetse gratis doen en brille teen slegs R30 elk verskaf. Die kliniek voer nie operasies uit nie;
- 'n Tandheelkunde kliniek waar tande getrek of gevul word en ook skoongemaak word. Die koste beloop R10 vir een of twee tande en R15 vir meer tande. Kinders onder 16 word gratis behandel;
- 'n Sielkundige beradingsdiens waar individuele berading deur 'n sielkundige en opgeleide bera-ders gegee word;
- 'n Apteek waar voorgeskrewe medisyne teen R5 per voorskrif bekom kan word.