Gallery
OUDTSHOORN NUUS - As deel van Vrouemaand het 'n groep nagraadse verpleegkundestundente vanoggend 'n gesondheidsdag vir vroue in Oudtshoorn aangebied.
Volgens Ivanette Arries, een van die studente, is hulle van Stellenbosch, en wou hulle vroue in die dorp oor borskanker bewus maak.
Sr. Liezl Kellerman was die gaspreker van die dag en het die vroue oor die erns van gereelde ondersoeke ingelig.
"Dit is belangrik om jou lyf te ken. Wanneer jy dan iewers 'n knop voel weet jy dit hoort nie daar nie en kan jy vinnig genoeg by 'n dokter uitkom. Kanker kan genees word as jy vinnig genoeg daarop reageer."
Brenda Klaassen het 'n getuienis gelewer oor hoe sy borskanker oorwin het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'