OUDTSHOORN NUUS - KANSA en die departement van gesondheid het verlede Donderdag 'n Wellness Day by Dassie Voorskoolsentrum in Bridgton aangebied.
Die gemeenskap kon hulself vir hoë bloeddruk, MIV, diabetes, PSA-vingerprikprostaattoets asook borsondersoeke vir die vroue laat toets. Die tandarts was ook byderhand vir enige tandheelkundige probleme.
Gemeenskapslede het na afloop van hul onderskeie toetse by die stasies, 'n heerlike koppie sop- en brood geniet.
Die volgende uitreik is in De Rust op 22 April en op 29 April in samewerking met die liefdadigheidsorganisasie, Sport Buddy te Hopeville in Colridge View.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'