Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Gesin van vier het net betyds uit hulle Renault Scenic gekom voordat dit in vlamme gehul is.
Die egpaar en hulle twee kinders was omstreeks 17:30 vanaf Ladismith na Oudtshoorn onderweg. Sowat 5km voor Oudtshoorn het rook skielik onder die paneelbord uitgeborrel.
Die bestuurder sê hy het dadelik gestop en sy vrou het uitgespring om die kinders se deur oop te maak. Sy het geval maar nie seergekry nie.
Hulle moes hulpeloos staan en toekyk hoe die motor uitbrand.
Ambulansdienste en die brandweer was binne minute op die toneel.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'