Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Gesin van Rose Valley kon daarin slaag om deur digte rook tydens 'n brand uit hulle huis te te ontsnap.
Die huis behoort aan Bettie Makwassa en Freek Lamont.
Volgens hulle dogter, Senobia Makwassa, was haar dogtertjie in die onderste verdieping toe sy alarm gemaak het. "Ek het haar hoor roep en toe ek onder kom was daar vlamme in een gedeelte. Ek het my ma en pa en broers geroep en hulle kon betyds by die trappe afkom en uit die huis uit vlug."
Die brand het volgens die gesin omstreeks 11:00 uitgebreek.
Die munisipaliteit het materiaal verskaf waarmee 'n tydelike skuiling vir die gesin opgerig kan word.
Met die aankoms van Oudtshoorn Courant was vrywillgers reeds besig om die tydelike gebou op te slaan. Mense wat die gesin met klere, kos en ander benodighede kan help, kan Francois Makwassa by 065 996 1199 kontak.
Vrywillgers besig om tydelike huisvesting op te rig.
Die huis langsaan het skynbaar net rookskade opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'