OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra dat inwoners nie op hol moet raak oor die nuutste vlaag boodskappe op Facebook en WhatsApp oor n donker Golf wat glo kinders ontvoer nie.
Volgens kapt Louis Visser is daar beslis nog geen voorval by die polisie aangemeld nie en veroorsaak hierdie tipe ongeverifieerde plasings onnodige paniek.
Die polisie is besig om spesifieke pkasingscen beweringe op te volg. Inwoners word intussen gevra om die aanstuur van hierdie boodskappe te staak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'