Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die eienaar van 'n Datsun 140Y wat hy sorgvuldig gerestoureer het, was vanmiddag in trane toe hy op 'n toneel kom waar sy spogmotortjie op die dak in 'n waterkanaal lê.
Volgens hom was hy by die werk toe hy kennis ontvang dat 'n persoon wat die motor geleen het, in 'n ongeluk betrokke was.
Die bestuurder en een van die passasiers wat in die motor was, het die toneel verlaat voordat nooddienste opgedaag het.
'n Derde insittende het by 'n huis ongeveer 'n kilometer van die toneel af op die Bakenskraalpad gaan hulp soek. 'n Ambulans het hom daar opgelaai.
Hy het 'n beenbesering opgedoen.
Dit is onbekend hoe ernstig die ander twee insittendes beseer is, maar een van hulle het redelik baie gebloei.
Volgens die eienaar van die motor het dit veertien jaar aan sy pa behoort en hy het al die herstelwerk en opknapping skaars 'n maand gelede voltooi.
Kyk 'n video hieronder:
Die Datsun.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'