OUDTSHOORN NUUS - Met informele nedersettings wat links en regs soos paddastoele verrys het die Oudtshoorn-munisipaliteit verlede week vrae beantwoord oor wat die pad vorentoe is en of daar na oplossings gekyk word om die situasie anders te hanteer.
Die Oudtshoorn-munisipaliteit het in die laaste paar maande opslaantoilette en watertenks aan meeste van die informele nedersettings wat onlangs opgerig is gegee.
Volgens die waarnemende munisipale bestuurder, Gerald de Jager, is die Oudtshoorn-munisipaliteit tans besig om 'n meer permanente oplossing te vind vir die medium- en langtermyn deur 'n gebied te identifiseer wat gebruik kan word as 'n deurgangskamp met terreine wat in die toekoms aan hierdie hutbewoners toegeken kan word.
Vrae soos die wettigheid van die oprig van die opslaanhutte op munisipale grond en die geregtigheid op watertenks en toilietgeriewe kon op hierdie stadium nie deur die Oudtshoorn-munisipaliteit beantwoord word nie.
Intussen het bekommerde inwoners van Mandela Hoogte-woonbuurt (wyk 6) week 'n petisielys aan raadslid Jerome Labaatjeen by die kerk in Sirkellaan oorhandig.
Van die hooffokuspunte op die petisielys is dat inwoners onveilig in hul onderskeie woonbuurte voel as gevolg van onwettige dwelm- en misdaadaktiwiteite wat op 'n daaglikse basis in die area plaasvind.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Die bestuur van die Mandela Hoogte-gemeenskapsforum is voor, van links: Samentha Hendricks (assistentsekretaris), Stachis Barnard (ondervoorsitter), Pat Sambo (voorsitter), Sue-Myra Ewerts (addisionele lid) en Berty Hendricks (sekretaris). Agter: Lyndon Afrika (hulptesourier) en Peter Williams (tesourier).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'