OUDTSHOORN NUUS - 'n Motorfietsryer, wat twee jaar gelede, weke in die hospitaal moes deurbring na 'n motorongeluk, het heeltemal herstel en kon voor die kansel staan.
Ludwig Zeelie was in April 2019 in 'n motorfietsongeluk in Voortrekkerweg betrokke toe 'n vullistrok voor hom ingedraai het.
Hy is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem en het maande geneem om te herstel.
Hy en Carmen de Lange het die goeie nuus gedeel dat hulle twee weke gelede op 6 Maart in die huwelik bevestig is en tans in George woon.
Die Zeelies is steeds motorfietsgeesdriftiges en Carmen ry haar eie Honda CBR 1000. Hulle is ook albei lede van die Warlocks-motorfietsklub waarvan Ludwig die visepresident is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'